God's Kingdom Ministries
Serious Bible Study

GKM

Donate

Hoofstuk 3: Die tydperke

Die Griekse selfstandige naamwoord aion beteken ‘eeu’ of ‘tydperk’. Die byvoeglike vorm daarvan is aionios, wat ‘onmeetlike tydperk’ of ‘met betrekking tot ‘n tydperk’ beteken. In die vroeë vyfde eeu, toe Jerome die Latynse Vulgaat uit die Griekse Nuwe Testament vertaal het, het hy twee Latynse woorde gehad wat rofweg die ekwivalente betekenis van aionian gehad het - aeternum en seculum.

Aeternum is die oorsprong van die woord ‘ewig’ en seculum is die oorsprong van, onder andere, ‘wêreldlik’. Aeternus het ‘n dubbele betekenis: Eerstens ‘n oneindige/ewige tydperk, maar daarteenoor ook ‘n beperkte/onbekende tydperk. Ons lees hiervan in ‘n leerling se onderskrif wat gevind is in Augustine se City of Gold, XXII, i, wat sê:

‘The words ‘eternal’ and ‘eternity’ from Latin aeternus, aeternitas, are related to aevum, which means BOTH ‘unending time’ and ‘a period of time’; for the second meaning the commoner word is aetas.’

Augustine was ‘n tydgenoot van Jerome in die vyfde eeu, maar Augustine was nie Grieks magtig nie. Peter Brown skryf in sy boek Augustine of Hippo, p.36

‘Augustine’s failure to learn Greek was a momentous casualty of the late Roman educational system; he will become the only Latin philosopher in antiquity to be virtually ignorant of Greek.’

Toe Augustine dus die Nuwe Testament in Latyn gelees het, het hy die betekenis van die woord aeternus as oneindig, eerder as onbekend, verstaan. Sy wesenlike invloed het die definisie van die woord aeternus as standaard gestel, en met verloop van tyd het dit die ekwivalente betekenis van aionian geword.

Hierdie fout van Augustine is later aan hom uitgewys, maar dit is dikwels baie moeilik om jou leerstelling te verander, wanneer dit reeds deur die publiek aangegryp is. Dr. F.W. Farrar verduidelik dit in sy boek, Mercy and Judgement, p. 178,

‘Since aion meant ‘age’, aionios means, properly, ‘belonging to an age’, or ‘age-long’, and anyone who asserts that it must mean ‘endless’ defends a position which even Augustine practically abandoned twelve centuries ago.’

Daar is minstens vier vertalings wat die korrekte betekenis van die woord aionian weergee. Young’s Literal, vertaal dit as ‘age-enduring’ (onmeetlike tydperk) en Rotherham’s se Emphasized Bible vertaal dit ‘age-abiding’ (met betrekking tot ‘n tydperk), om maar net twee te noem, terwyl Wilson’s Emphatic Diaglott en The Concordant New Testament die oorspronklike Griekse woord onveranderd laat en eenvoudig aionian (oneindige tydperk) gebruik.

Ek lewer bewyse hiervan, sodat niemand my daarvan kan beskuldig dat ek feite uit my duim suig nie. Die woord beteken eintlik ‘’n onbekende/onmeetlike/onbepaalde tydperk’ (an indefinite period of time), en kan volgens Dr. Bullinger in Appendix 129 of The Companion Bible, ‘...be limited or extended as the context of each occurrence may demand.’ Vir meer aanhalings van leerlinge, raadpleeg hoofstuk 5 van my boek, The Judgements of the Divine Law.

Een van die grootste tragedies as gevolg van hierdie verkeerde vertaling van aionian, is die begrip van tydperke, spesifiek die tydperk van ‘n ‘Eeu’ wat verwys na die Messiaanse Tydperk wat voorlê. Ons lees dikwels van die ‘eeu wat kom’ of ‘eeue wat kom’ (Efesiërs 2:7). Van merkwaardige belang, is Markus 10:30, waar Jesus sê ‘… en in die eeue (aion) wat kom, die ewige (aionian) lewe.’

‘Die eeu’ wat kom is die tydperk wat as Messiaans bekend staan. Omdat ons verstaan dat daar twee komste van Christus is, sien ons die Messiaanse Tydperk as die begin van die tweede koms van Christus. Ek glo dat dit dieselfde duisend-jaar-tydperk van Openbaring 20:6 is. Ek noem dit die Loofhutte-tydperk, voorafgegaan deur die eerste opstanding.

Die oorwinnaars wat gedurende die eerste opstanding opgewek word, ontvang onsterflikheid in ‘Die Eeu’. Die ander afgestrowenes sal egter nie so gelukkig wees nie - hulle sal moet wag tot ‘Die Eeu’ verstyk het.

Daarom spoor die Bybel ons aan om lewe te bekom in ‘Die Eeu’. Ongelukkig word hierdie uitdrukking gewoonlik verkeerd vertaal as ‘ewige lewe’, wat onsterflikheid beteken. ‘Die Eeu’ behels beslis die ontvangs van onsterflikheid, maar spoor ons aan om oorwinnaars te wees, sodat ons onsterflikheid kan bekom met die eerste opstanding. Op die manier sal ons onsterflikheid hê gedurende ‘Die Eeu’ en nie nodig hê om nog ‘n duisend jaar langer daarvoor te wag nie.

In kort verwys aionian (ewige) lewe in die besonder na TYDSBEREKENING, nie bloot KWALITEIT van lewe nie. Dit is ewige lewe IN DIE EEU, nie onsterflikheid afsonderlik nie.

Die King James Vertaling (KJV) van Matteus 25:46 sê

46 And these shall go away into everlasting punishment, but the righteous to life eternal.

Die 1933 vertaling volg in die voetspore van Joung’s Literal Translation…

46 En hulle sal weggaan in die ewige straf, maar die regverdiges in die ewige lewe.

Beide ‘everlasting’ (ewige) en ‘eternal’ (ewig), kom van die Griekse woord aionian. The Cambridge Bible Commentary, deur A.W. Argyle, sê die volgende van Matteus 25:46

’46 eternal punishment. i.e., punishment characteristic of the Age to come, not meaning that it lasts for ever.

‘eternal life, i.e., the life that belongs to the Age to come, the full abundant life which is fellowship with God.’

Tegnies is die aionian straf bestem vir die tydperk na die Messiaanse Tydperk, want die Groot-Wit-Troon-oordeel vind aan die einde van die komende ‘Eeu’ plaas. Die aionian tydperk hierbo is verseker ‘n verwysing na die eeu wat binnekort sal aanbreek, want dit is die begeerte van elke oorwinnaar om lewe in die Messiaanse Tydperk te ‘erf’.

Van hierdie feite is geweldig tegnies, daarom het ek probeer om dit so eenvoudig as moontlik te stel. Ek het reeds die konsep van die eerste opstanding en die duisend-jaar Loofhutte Tydperk bespreek in ander werke soos, The Purpose of Resurrection, daarom hoop ek dat die meerderheid lesers reeds ‘n grondslag van die fundamentele beginsel daarvan onder die knie het.

Die punt wat ek wil maak is: Wanneer jy die woorde ‘everlasting’ (ewige) of ‘eternal’ (ewig) in die Bybel lees, kan jy dit nie aanneem vir hoe dit voorkom nie. Die Hebreeuse woord olam en die Griekse ekwivalent daarvan - aionian, beteken ‘’n tydperk’ of ‘’n onbekende/onmeetlike/onbepaalde tyd’. Die Hebreeuse denkwyse in Jesus se tyd het uitgesien na die koms van die Messias, wanneer Hy oor die aarde sal heers gedurende die Groot Sabbat Millenium. Hierdie konsep is verwoord in die sinsdeel ‘die eeu (aion) wat kom’ en ‘ewige (aionian) koninkryk’ (2 Petrus 1:11).

Die sake van ‘GOD SE KONINKRYK’ sal natuurlik geen einde hê nie (Lukas 1:33), maar die Messiaanse Tydperk self, is die finale tydperk voor die Groot-Wit-Troon-Oordeel, wat ‘n algeheel ander scenario op die aarde sal meebring. Dit kom na vore in die Hebreeuse uitdrukking olam va’ad, ‘vir ewig en altoos’ (to the age and beyond) soos aangewend in Eksodus 15:18, Psalm 9:5 (v. 6 - 1933), Psalm 10:16, Psalm 45:6 (v. 7 - 1933), Daniël 12:3.

Jerome se vertaling, soos verkeerdelik vertaal deur Augustine, het groot skade aangerig aan hierdie begrip in die Latynse Kerk. Net so, is dit verkeerdelik vertaal in die meeste vertalings vandag. Gelukkig is daar ten minste vier vertalings wat die oorspronklike betekenis van aion en aionian herstel.

Soos reeds vermeld, is daar ‘n breedvoerige studie hiervan te vinde in hoofstuk 5 van The Judgements of the Divine Law. Daar is ook ‘n studie van die vroeë Griekse Kerkvaders in hoofstuk 6 van dieselfde boek, wat aandui dat hulle wel aanvaar het dat die oordeel van die goddelose tydelik sal wees en dat die doel daarvan is om oortreders/sondaars te reinig en suiwer, sodat hulle gered kan word.

Sommige Latynse Kerk vaders (soos Augustine) het van mening verskil, en geglo dat die oordeel ewig sou wees. Die Romeinse Kerk het later probeer om die twee teenstydige leerstellings te versoen, en tot die gevolgtrekking gekom dat sommige mense na ‘n ‘vagevuur’ gaan en die sommige mense na die ‘hel’. In beide gevalle het hulle die vuur in ‘n letterlike sin beskou, eerder as die Goddelike Wet.

As ons verstaan hoe dit gebeur het dat ons glo wat ons vandag doen, is dit makliker om die foute van die verlede raak te sien en die nodige aanpassings in ons denkwyse te maak.